












































Wat is #MSW
Dít is nie net ‘n projek nie—dit is ’n beweging, want Wesvalia het momentum!
Deur aan te sluit dra jy by om kinders se drome realiteit te maak. Wesvalia wil fasiliteite vernuwe en top klas fasiliteite bou, tot voordeel van elke leerder. ‘n Belegging in ons jeug, in die gemeenskap van Klerksdorp, vir geslagte wat kom!
Die belegging is groter as net opgegradeerde fasiliteite. Dit is iets waarop elkeen wat inkoop, eendag met trots op kan terugkyk en dit het reeds begin.
2024
Die Wessie-klerewinkel, Rekenaarsentrum, Moderne konferensie geriewe
2025
Nuwe kafeteria, Nuwe Ingang, Binnehuise krieket fasiliteit
2026
Wesvalia Astro-hokkieveld
Beplande Projekte
Waterprojek, Boogskiet fasiliteit, Opgraderings aan Netbal en Tennis area, Tartan Atletiekbaan, Koshuis-opgradering vir 100 seuns en 100 meisies.
Elke bydra, groot of klein, kontant, kennis of dienste maak die verskil vir #MyStukkieWesvalia.
Saam beweeg ons vorentoe! Saam bou ons vandag, aan môre.
Kontak MyStukkieWesvalia vir meer inligting.
hoof@wesvalia.co.za of admin@mystukkie.wesvalia.co.za